Visit our facebook page
TUISBLAD ALGEMEEN AKADEMIE KULTUUR SPORT FASILITEITE BESTUUR KONTAK ONS
 

Sportsoorte waaraan deelgeneem kan word:

 

Atletiek – Atlete neem aan verskeie vriendskaplike byeenkomste deel en kan vorder tot op BCVO SA vlak.  Hierdie Somerspele word aan die einde van Maart aangebied.  Al die BCVO skole neem dan deel.

 

Rugby en Netbal – Dit is sekerlik die gewildste sportsoorte by CVO VIVO. 80% van die leerlinge neem hieraan deel.  Verskeie vriendskaplike wedstryde word gehou en Vivo vorm deel van die Noord Transvaal streek wat op die Winterspele teen al die ander streke deelneem.

 

Krieket – 'n Ontwikkelende sport op Vivo.  Die seuns stel baie belang en ons het selfs 'n dogter of 2 wat ook speel.  Aan die einde van die derde kwartaal word 'n Ntvl krieketspan gekies wat aan die (BCVO) SA krieket deelneem .  Daar word gepoog om ons krieket nette en oefenblaaie op te gradeer.

 

Landloop – daar word individueel en per span deelgeneem aan Landloop tot op SA vlak.

 

Skaak – 'n Splinternuwe sport by CVO VIVO – baie belangstelling word getoon in hierdie afrigting.  Hierdie jaar sal die eerste jaar wees wat Vivo sal deelneem aan die Ntvl kampioenskappe en dan hopenlik by die SA Byeenkoms gaan deelneem.

 

Hokkie – Seuns en dogters geniet hierdie sport.  Hierdie sport gaan slegs tot op Interprovinsiale vlak.

 

Boogskiet – Heelwat belangstelling.  Vivo het 'n privaat klub waarby leerlinge aansluit en opleiding ontvang.

 

Perdry – Heelwat van CVO Vivo se leerlinge neem klasse by die plaaslike Ryskool.  Goeie prestasies word ook daar behaal.

TUISBLAD | ADMINISTRASIE | AKADEMIE | KULTUUR | SPORT | FASILITEITE | BESTUUR | KONTAK ONS