Visit our facebook page
TUISBLAD ALGEMEEN AKADEMIE KULTUUR SPORT FASILITEITE BESTUUR KONTAK ONS
 

KULTUUR

 

Daar is heelwat kultuurbedrywighede by CVO Vivo – iets vir elke leerling

 

Beeldende Kuns – skilderkuns, fotografie, beeldhouwerk en vlyte is alles deel van die skepende kuns wat tot op Landswye vlak beoefen kan word.

 

Literêre werke – die skrywers en digters het 'n geleentheid om opstelle, stories en  gedigte te skryf in “enige” taal en die werke word ingestuur vir beoordeling op landswye vlak.

 

Kultuurfees – Hierdie is vir die “dramatiese” en “minder dramatiese” leerlinge.

Formele en gedramatiseerde poësie en prosa, monoloë en samesprake word tot op streeksvlak gedoen.  Van die beste leerlinge word genooi na die Landswye Kultuurfees wat einde van Augustus elke jaar aanbied word.

 

Redenaars – ‘n “Moet” vir elke leerling.  Hier word leerlinge geleer hoe om hul sê te sê voor 'n gehoor.  Leerlinge neem op streeksvlak deel en dring deur na die Nasionale kompetisie.

 

Bybelkennis en Bybelprojek word al om die ander jaar aangebied.  Spesifieke skrifgedeeltes word voorsien en leerlinge maak 'n taak of model uit dele van die skrifgedeeltes.  Bybelkennis vraestelle word geskryf en die bestes dring deur na die 2de rondte en die heel bestes in die land neem dan deel aan die Nasionale byeenkoms.
TUISBLAD | ADMINISTRASIE | AKADEMIE | KULTUUR | SPORT | FASILITEITE | BESTUUR | KONTAK ONS