Visit our facebook page
TUISBLAD ALGEMEEN AKADEMIE KULTUUR SPORT FASILITEITE BESTUUR KONTAK ONS
 
ALGEMENE INLIGTING
VAKKEUSES
ONDERSTEUNING
KLEUTERSKOOL
GRAAD R
TINA COWLEY LEESSENTRUM
LEERLING PRESTASIES 2016
GEDRAGSKODE
TOELATINGSBELEID
SKOOLWAPEN & LIED
BESTUURSRAAD

KLEUTERSKOOL FILOSOFIE

VISIE:

Die kleuterskool se visie is om aan kleuters 'n leersame en aangename voorskoolse leerervaring te bied.
Missie:

Die kleuterskool se missie is die daarstelling van 'n stimulerende omgewing om 'n grondslag vir die kleuter te skep wat gebruik maak van Christelike waardes en die Afrikaner tradisies, waar kleuters speel-speel selfstandigheid aanleer en voorberei word vir formele onderrig.

PROGRAM:

Die kleuterskool maak gebruik van ongeveer 42 interessante temas. Tema-aktiwiteite word op 'n stimulerende wyse aangebied om Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardigheid te ontwikkel.

Ons volg 'n dagprogram wat uit verskeie roetines bestaan en dus word 'n gevoel van geborgenheid by die kleuter geskep. Daar word ook gepoog om Bybelonderrig op 'n verstaanbare wyse vir die kleuter aan te bied. Ons gebruik ook opvoedkundige speletjies, musiek, beweging, kunsaktiwiteite en fantasiespel om kleuters opvoedkundig te stimuleer sodat selfontdekking kan plaasvind. Die aanleer van nuwe rympies en liedjies asook "Bak en Brou" is gunstelingaktiwiteite onder die kleuters.

     
TUISBLAD | ADMINISTRASIE | AKADEMIE | KULTUUR | SPORT | FASILITEITE | BESTUUR | KONTAK ONS